Die Groot Idee

Die Eerste Duisend Dae (EDD), as kritieke fase in die ontwikkeling van kinders, is baie belangrik. Dié lewensfase – vanaf bevrugting tot die ouderdom van twee jaar – is ‘n eenmaal-in-‘n-leeftyd vensterperiode wat ‘n geweldige invloed het op die res van ‘n indivudie se lewensverloop en -geluk.

Hierdie periode is tegelyk ‘n gulde geleentheid en ‘n tyd van groot risiko. Meer as 50% van kinders in SuidAfrika – stel jou voor ‘n miljoen nuwe jong lewens elke jaar – word gebore in die mees haglike toestande. Hulle sal NIE genoeg ontvang van wat hulle nodig het om hierdie periode ten volle te benut en om hulle Godgegewe potensiaal vir die huidige asook die toekoms te verwesenlik nie. Dit is ‘n groot onreg!

Read in:

Daar is essensiële boustene nodig vir kinders om in die EDD te floreer. Dit behels ten minste dat daar een liefdevolle, stabiele en deelnemende verhouding met ‘n volwassene sal wees. Gesinslede of versorgers kan hierdie rol speel. So ‘n gehalte-verhouding is bepalend vir al die ander versorging wat die kind nodig het.

Vir gesinne om op hierdie wyse te versorg, benodig hulle gemeenskappe rondom hulle wat hulle versterk, ondersteun en bemoedig. Ouerskap is moeilik en alle ouers het ondersteuning, aanmoediging en bevestiging nodig.

Die kerk is ‘n versamelde gemeenskap (soos ‘n eietydse dorpie) wat kan kontak maak met gesinne en hulle ondersteun. Dit kan ouers doelbewus versterk en hulle kapasiteit bou om beter deelnemende, liefdevolle versorging tydens hierdie kritieke tydperk te voorsien.

Ons is oortuig daarvan dat elke plaaslike gemeente op ‘n unieke manier geposisioneer en toegerus is om ‘n betekenisvolle verskil te maak in gesinne en die sorg wat hulle vir hulle kindertjies gee.

Sikunye se groot idee is dat kerke regoor Suid-Afrika kontak maak met gesinne en hulle ondersteun, sodat hulle gesonde sorg kan voorsien, sodat klein kindertjies kan ontvang wat hulle nodig het om te kan floreer in die lewe.

*Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), Verenigde Volke Kinderfonds, Wêreldbankgroep. Opvoedende Sorg vir die vroeë ontwikkeling van die Kind: ‘n raamwerk om kinders te help oorleef én gedy, om gesondheid en mense-potensiaal te transformeer. Geneva. Wêreldgesondheidsorganisasie; 2018.