Gesinne wat omgee

Ten einde goed in die lewe weg te spring en uiteindelik te floréér, behoort elke kind ten minste een liefdevolle, stabiele en deelnemende verhouding met ‘n ouer persoon te hê. Deelnemende sorg beteken dat die ouer of versorger ‘n hegte, liefdevolle, responsiewe en toeganklike benadering tot die baba se behoeftes nastreef. Om begrip te toon vir wat die kind eintlik wil hê en regtig nodig het en dan konsekwent en gepas daarop te reageer. Dit is wat deelnemende sorg ten diepste beteken. 

Daar is iets van die beeld van God in ons wat ons na mekaar en ander aantrek. Die Drie-enige God bestaan van alle ewigheid af in die liefdevolle gemeenskap tussen Vader, Seun en Heilige Gees. Dit is hierdie geskape-wees na God se beeld, om na God te aard, wat in ons ‘n diepe behoefte aan kontak en intimiteit met ander wakkermaak – iets wat reeds dáár is reg aan die begin van ons lewe.

Read in:

Kinders het behoefte aan die essensiële boustene van Goeie Gesondheid, Genoegsame Voeding, Beskerming teen Onheil en Geleenthede vir vroeë leer of onderrig. Dit gebeur die beste in ‘n verhouding gekenmerk deur Deelnemende Versorging.

Liefdevolle Kontak En Deelnemende Versorging

Oor die laaste dekade was daar ‘n geweldige toename in navorsing wat die sleutelbelng van kontak en betrokkenheid tussen die ouer/versorger en die kind uitwys. Dit is die een, onontbeerlike ding wat die kind in staat stel om te floreer in die lewe. ‘n Hegte, liefdevolle, deelnemende, toeganklike en betrokke ouer is essensieël in die ontwikkeling van die baba se brein. Deelnemende ouerskap is dit wat die kind in staat sal stel om gevoed te word, mee gespeel te word, mee gepraat en voor gelees te word, beveilig en versorg te word.

Maar hoe gaan dit met die primêre versorger? Indien versorgers sukkel, kan hulle nie op ‘n gereelde basis deelnemende en liefdevolle versorging aan hulle kinders verleen nie. Sommige van die risiko-faktore en vorme van teenspoed op die pad, sluit die volgende in:

  • Ouers wat nie uitgebreide families het wat na húlle omsien hulle ondersteun nie. 
  • Enkelouers wie se veeleisende werksomstandighede hulle daarvan weerhou om tyd saam met hul kinders deur te bring en sodoende bande van liefde vas te en lê. 
  • Enkelouers wat die ontsaglike eise op hulle tyd moet probeer balanseer. 
  • Gesinne met babas wat beplan is of nie, en wat in liefde verwek is of nie, en die impak wat dit het of hulle aanvaar word deur diegene rondom hulle of nie. 
  • Gesinne vasgevang in armoede, wat elke dag moet swoeg om die nodige lewensmiddele in die hande te kry. Hierdie geswoeg word meestal vererger deur die uitdaging om kwaliteit dienste te bekom.
  • Moeders wat te kampe het met moeder-depressie – amper een uit elke drie moeders in Suid-Afrika ly aan postnatale-depressie en daar is ‘n stygende voorkoms van depressie en angstigheid onder vaders. 
  • Verskeie faktore wat veroorsaak dat net 8% van moeders dit suksesvol regkry om in die eerste 6 maande die kind uitsluitlik te kan borsvoed. 
  • Vaders wat nie meer deel uitmaak van die versorgingsrolle nie en uit die gesin gestap het. 
  • Ouers wat om een of ander rede nie in ondersteunende verhoudings van sorg is nie omdat hulle geïsoleer of afgesny van die gemeenskap is.

‘n Moeder of vader wat nie meer kan byhou nie, en wat verskeie uitdagings van teenspoed en druk in die gesig moet staar, is nie meer in staat om effektief te reageer op hulle kinders se behoeftes nie. Dit alles het ‘n negatiewe uitwerking op die kind. Gevolglik plaas dit alles ‘n sterk klem op die persoonlike welsyn van die ouers – moeder, vader en ander versorgers. Ons moet terselfdertyd let op die ouers se gesondheid, húlle welstand en húlle kapasiteit – net soos ons op elke kind focus.

Alle ouers het ‘n behoefte aan ondersteuning! Ouers en versorgers het mense wat vir hulle sorg om hulle nodig – wat dan hulle eie welsyn en uithouvermoë kan help verseker.

Wanneer ouers gekoester word in gesonde, versorgende, ondersteunende gemeenskappe, verbeter hulle welstand asook hoe goed hulle uitdagings hanteer en hul veerkragtigheid, sodat hulle in staat is om deelnemende en liefdevolle sorg aan hulle kind te kan gee.

Alle ouers benodig ondersteuning, bemoed…. bemoediging, bevestiging en toegang tot die korrekte kennis wat kom van die kant van ‘n liefderyke, ondersteunende gemeenskap. Alle gesinne, waar hulle hul ook al bevind, het ‘n behoefte om te behoort, om deel van ‘n omgee-gemeenskap te wees en so ondersteun te word in hulle vermoeë om self deelnemende, koesterende sorg vir hul babas te gee. Netso het alle kinders, waar ook al, ‘n behoefte aan koestering en deelnemende versorging. 

Gesinne wat beleef dat hulle deel is van ‘n omgee- en ondersteunende gemeenskap – ‘n eietydse dorpie dorpie – is veel meer toegerus om deelnemende ouers te wees. Ouerskap was nooit bedoel om in isolasie, terwyl die ouer alleen spartel om al die balle van uitdagings in die lug te hou, plaas te vind nie nie. Dit was eerder bedoel om te gebeur binne ‘n gesonde, ondersteunende verhouding, binne ‘n gemeenskap vol deernis. Dit verg werklik ‘n hele dorp om ‘n kind groot te maak. Ons glo dat die ideale ruimte vir dié soort gemeenskap die plaaslike gemeente is. Die plaaslike gemeente is ideall geposisioneer en toegerus om hierdie ondersteunende, liefdevolle en betrokke famiie rondom gesinne te wees – veral ook in die uiters belangrike fase van die Eerste Duisend Dae.