Sikunye Entoesiaste

Sikunye Entoesiaste is passievol daaroor om hulle geloofsgemeenskappe te help om met gesinne met babas in hulle Eerste Duisend Dae (EDD) kontak te maak en in verhouding te tree - en om dié gesinne dan te ondersteun.

Read in:

Champions

Sikunye Entoesiaste is volgelinge van Christus wat hulle kerkleiers daarin bystaan om hulle gemeentes te laat groei tot gemeenskappe wat verwelkomend en ondersteunend teenoor gesinne met jong kinders is.  Entoesiaste speel ‘n leidende rol in die maak van planne sodat hulle gemeente vrywilligers kan identifiseer om gesinne te besoek. Hulle gesels ook met ander lidmate sodat die hele gemeente uiteindelik gesinne met jong kinders kan beskerm, ondersteun en kan help versorg.

Wat doen ‘n Entoesias vir hierdie saak?

Sikunye Entoesiaste tree op as leiers van ‘n span mense wat aktiewe diens aan gesinne lewer. Hulle luister na ouers, skep geleenthede en tree met kerkleiers in verbinding om te beplan hoe die kerk gesinne ten beste kan ondersteun. Die Entoesiaste doen nie alles self nie; hulle werf eerder mense om deel van die span te word en bied dan leiding aan die span.  Die Entoesias is die skakelpersoon tussen die kerk en  Sikunye en kommunikeer met al die betrokkenes om seker te maak dat elkeen weet wat aangaan. Die Entoesiaste neem inisiatief in die beplanning om te verseker dat kerke alles wat hulle kan vir gesinne doen. 

Is jy deel hiervan?

Is jy die “laat-dit-gebeur-persoon” wat ander kan betrek by die poging om gesinne te versterk en te ondersteun? Indien wel, hier is nou ‘n paar van die stappe wat jy volgende kan neem:

Praat met jou kerkleier. Ons glo dis die beste as kerkleiers bewus kan wees van pogings om gesinne te ondersteun. Wanneer hy of sy dan die kerk aktiveer het, dan weet hulle reeds wie Sikunye is. As hulle onbewus daarvan is, nooi hulle uit na ‘n Kerk en Vroeë Lewe geleentheid. Dit sal hulle gou aan boord kry! 

Registreer as ‘n Entoesias. Voltooi die aansoekvorm. Dit sal verseker dat ons met jou in verbinding tree, jou ondersteun en op hoogte hou van alle beoogde opleidingsgeleenthede en beskikbare materiaal.

Gebruik die reeks gereedskap en hulpbronne in die Handleiding vir EDD Spanne (Guide for FTD Teams). Dit gee vir jou spesifieke inligting en gereedskap om jou te help om vordering te maak. Gaan kyk gerus ook na die res van ons hulpbronne ten einde antwoorde te kry op vrae wat jy mag hê.

Begin om ‘n span op die been te bring. Gebruik die gereedskap in jou handleiding , begin om met ander lidmate van jou kerk, wat jy oordeel dalk betrokke sou wou raak by die ondersteuning van gesinne,  te gesels. Vir hulle om die groot gedagte te begryp, sou ‘n goeie eerste stap wees om ‘n Kerk en Vroeë Lewe webinaar by te woon.

Woon ‘n Entoesiaste Beplanning by. Hierdie is belangrike webinare wat jou toerus om inisiatief te neem in die spesifieke plan om jou kerk by gesinne betrokke te kry. Hier gaan dit nie daaroor om ander kerke presies na te boots nie, maar eerder te ontdek hoe jy, jou span en jou kerk die beste kan investeer in die jong lewens wat reeds aan julle toevertrou is. Gaan kyk gerus verder hier.