Ons weet dat jy as kerkleier reeds daarvan oortuig is dat die plaaslike gemeente ‘n kragtige, verskil-makende gemeenskap is.
As ons luister na wat die mediese- en gessteswetenskappe ons leer oor babas se ontwikkeling, as ons ag slaan op wat die Bybel ons oor God se hart vir jong kinders leer, en as ons besef waartoe die kerk in staat is, sal ons nie anders kan as om hier ‘n geweldige geleentheid raak te sien nie: jou gemeente kan ‘n wenslike rol speel om kinders hulle God-gegewe potensiaal te laat bereik!
Ons besef jy dra die hele gemeente op jou hart. Ons verwag nie dat kerkleiers alles moet doen of die enigste sal wees wat gesinne ondersteun nie, maar daar is sekere dinge waarvoor kerkleiers die beste geposisioneer is om te doen. Ons sit hieronder ‘n aantal stappe uiteen wat kerkleiers kan begelei om families met jong kinders op die beste wyse te bedien.
Stappe Waarmee Kerkleiers Kan Begin
Raak geïnspireerd oor hoe jou kerk ‘n wesenlike rol kan speel om kinders ‘n goeie en sterk wegspring op hulle lewenspad te gee. As jy dit nog nie gedoen het nie, stel ons voor jy begin deur ons webinaar oor Ons Kerk en die Vroeë Lewensfase by te woon, en sommer ook ander aan te moedig om dit te doen. Ontdek ook meer oor ons “groot idee” en wat dit beteken om “Eerste-Duisend-Dae vriendelik” (EDD) (Engels ‘FTD friendly’) te wees.
Aktiveer jou kerk om toegang te verkry tot ‘n reeks toerusting- en inligtingsgeleenthede en opleidingsessies vir jou en jou gemeentelede. Dit vra dat julle julle daartoe sal verbind om stappe te neem om gesinne met klein kinders in en deur jul gemeente te versterk en te ondersteun.
Gebruik ons hulpbronne vir kerkleiers om jou verdere stappe te begelei. Jou kerk het unieke sterkpunte is dit verskil van enige ander gemeente. Met hierdie “Activation Kit” (Aktiveringsgereedskap) in die hand, kan jy biddend onderskei wat jou spesifieke gemeente kan begin doen.
Wys ‘n Eerste Duisend Dae “Entoesias” (Champion) aan om leiding te neem in jou gemeente se span. Dit sal ‘n sleutelpersoon wees waarmee jy kan saamwerk en verseker dat jy nie self al die werk hoef te doen nie. Sikunye werk dan saam met dié entoesiaste met die doel om hulle te bemagtig en te ondersteun vir die werk wat hulle in end deur jou gemeente doen.
Kry die hele gemeente betrokke. Help die hele gemeente om in te sien hoe elkeen ‘n rol kan speel in die bediening aan en ondersteuning van gesinne. Gaan kyk na die beskikbare gereedskap vir Eerste Duisend Dae (EDD)-Kerke en ontdek daar ‘n paar handige idees.
Bly in kontak en gee ondersteuning deur onder andere self ons webinare, asook ons Sikunye samekomste by te woon of te ondersteun. Bly op hoogte deur in te teken op ons nuusbrief; volg ons op sosiale media en lees die verhale oor verandering wat daar in kerke oral oor Suid Afrika aan die gebeur is.