Kry jou gemeente aan die gang

Ons is oortuig daarvan dat elke mens ‘n rol te speel het in die skryf van Suid Afrika se toekomsverhaal. Saam kan ons ‘n betekenisvolle verskil maak in die lewens van gesinne en jong kinders. 

Read in:

Om jou plaaslike gemeente aktief betrokke te kry by die bediening aan gesinne, is daar drie groepe mense wat betrek moet word: kerkleiers, gemeentelede en Eerste Duisend Dae (EDD) leiers, ook bekend as EDD entoesiaste of drywers. Kies wat die beste op jou van toepassing is om die volgende stappe te ondersoek en dit dan te begin neem. 

Church Leader

Kerkleier

Sikunye is oortuig daarvan dat die leierskap doelbewus betrokke moet raak indien plaaslike gemeentes gesinne effektief wil bedien. Dit verseker dat alle Eerste Duisend Dae-aktiwiteite deel sal uitmaak van die roeping van die hele gemeente. Ons glo nie dat die kerkleier alles self moet doen nie, maar dat hy of sy eerder geleenthede moet benut en verantwoordelikhede moet neem wat by sy of haar unieke rol pas. Gaan ontdek hier wat die rolle van ‘n kerkleier kan behels:

Church Member

Kerklidmaat

Elke persoon het ‘n rol te speel in die bemagtiging en ondersteuning van gesinne. Wie of wat jy ook al is, jy kan ‘n verskil maak en bydrae daartoe dat elke kind ‘n goeie wegspring op hul lewenspad het. Ontdek hier wat jy alles kan doen.

Champions

Entoesiaste

As jy passievol is daaroor dat jou gemeente ‘n rol moet speel in die ondersteuning van gesinne en jy wil as spanleier ‘n klompie mense aktief hierby betrek, oorweeg dan om ‘n Sikunye-entoesias te word. ‘n Entoesias werk saam met die kerkleier en die vrywilligers om ‘n groeiende omgee-gemeenskap vir ouers en jong kinders daar te stel.