Maak jou eie bydrae in jou gemeente
Jy is waarskynlik baie bewus van die geleentheid wat die Eerste Duisend Dae (EDD) van lewe bied, of dalk raak jy nou vir die eerste keer betrokke. Ons glo dat jy goed geposisioneer is om gesinne te ondersteun en te bemagtig. Neem gerus van die stappe hieronder kennis en kom aan die gang:
Raak geïnspireerd: oor die rol wat jou gemeente kan speel om alle kinders ‘n goeie voorsprong in die lewe te gee. As jy nog nie is nie, stel ons voor jy begin deur die webinaars oor Ons Kerk en Vroeë lewensfase by te woon en meer te wete te kom oor ons Groot Idee en wat dit beteken om EDD-Vriendelik te wees.
Praat met die entoesiastiese spanleier: Indien jou kerk ingeteken het en hulle verbind het om ‘n EDD Vriendelike kerk te wees, sal daar heel waarskynlik so ‘n entoesiastiese spanleier vir die mense wat op gesinne fokus wees.
Praat met jou kerkleier: Indien jou gemeente nog nie so ‘n gesinsbediening gerig op die Eerste Duisend Dae het nie, moedig jou gemeente-leier dan aan om ‘n Kerk en Vroeë Lewensfase geleentheid by te woon.
Begin om families te ondersteun: Daar is baie dinge wat jy kan doen om gesinne te bemoedig en te bemagtig. Lees gerus deur ons hulpbronne oor die versorging van gesinne en hoe om ‘n betekenisvolle rol in die gemeenskap te speel.
Rus jouself toe: Sikunye bied opleiding aan wat jou sal toerus om spesifieke versorging aan gesinne te bied. Gaan doen ondersoek of jy ‘n persoon is wat daarvan sal hou om gesinne tuis te besoek en of jy eerder ‘n “liefdevolle skakelpersoon” wil wees. Of selfs ‘n “Flourish Ante- and postnatal” (Floreer ante- en post-nataal) gasheer/gasvrou wil wees.
Bly in kontak en word ondersteun deur ons Ondersteuningswebinare asook ons Sikunye Byeenkomste. Bly op datum deur in te teken op ons nuusbrief, en volg ons op sosiale media waar jy die verhale oor verandering wat reeds in kerke regoor Suid Afrika plaasvind gebeur, kan lees ((link to 7.6 stories of hope))